1. Inleiding
Kopers van onroerende eiendom wil dikwels, om erskeie redes, die onroerende eiendom aankoop in
die naam van 'n Regspersoon soos 'n Maatskappy, Beslote Korporasie of `n ander nie - natuurlike persoon soos `n Trust, in plaas daarvan dat die iendom in hul persoonlike naam geregistreer word.
Daar mag verskillende redes wees waarom die koper verkies om die eiendom te registreer in die naam van n Regspersoon , soos byvoorbeeld boedelbeplanning, sekuriteit , landbou eiendom wat nie in meer as een persoon se naam geregistreer mag word nie of die besparing van hereregte en oordragkoste by die eventuele herverkoop van die eiendom. Hereregte is betaalbaar deur die persoon wat die eiendom verkry of in wie se guns of ten voordeel van wie van `n belang in of beperking op die gebruik van of beskikking oor die eiendom, afstand gedoen is koper of verkryger van regte. Uit `n koste oogpunt is die probleem dan dat die hereregte betaalbaar deur 'n Regspersoon tans 10 % van die koopprys / waarde van die eiendom beloop in teenstelling met die geval van 'n natuurlike persoon, waar dit bereken word op 1% tot en met R70 000,00 daarna 5 % tot en met R250 000,00 en 8 % bo R250 000,00 op die koopprys / waarde. Dit is derhalwe duidelik dat indien `n voornemende koper van onroerende eiendom sou
besluit om die eiendom eerder in die naam van `n regspersoon as in sy eie naam te registreer, dit hom duur te staan kan kom. Indien dit egter vir `n koper belangrik is dat die eiendom in die naam van `n regspersoon geregistreer moet word, is daar `n wyse waarop die effek van die verhoogde hereregte versag kan word. Die partye kan ooreenkom dat die eiendomsreg wat oorgedra word, verdeel word in die vruggebruik en die blooteiendom. Die gevolg hiervan is dat daar twee transaksies plaasvind. In die een transaksie verkoop die verkoper aan die koper in sy persoonlike hoedanigheid as natuurlike persoon die vruggebruik. In die tweede transaksie
verkoop die verkoper die blooteiendomsreg aan die regspersoon. Hierdie oplossing is egter nie sonder probleme van sy eie nie.
Vir die doeleindes van hierdie artikel verwys die term "regspersoon" na Maatskappye, Beslote Korporasies asook Trusts, alhoewel laasgenoemde nie streng gesproke `n regspersoon is nie. Enige eiendom wat in `n trust vestig vorm nie deel van die boedel van `n natuurlike persoon nie. Boedelbelasting sal derhalwe nie op die waarde van die eiendom gehef word nie. In die geval van insolvensie of beslaglegging op die bates van die natuurlike persoon is die bates wat in die trust vestig verskans. Weens die verbod op die onderverdeling van landbougrond in terme van art 3 van die Wet op Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970. Indien die eiendom in `n maatskappy of beslote korporasie vestig, bestaan die moontlikheid dat enige opvolgende koper nie die eiendom as sulks koop nie, maar wel die aandele of die ledebelang. Hierdie transaksie sal nie hereregte in terme van artikel 2 van die wet op Hereregte 40 van 1949 aantrek nie.
Artikel 3 van die Wet op Hereregte 40 van 1949
| < Prev | Next > |
|---|



Legal Matters